Oekraïne verloor 25% van bewerkbare landbougrond 

Die ministerie van landbou in Oekraïne het bevestig die land het 25 persent van sy bewerkbare grond in sekere streke verloor sedert die Russiese inval. Volgens die adjunkminister van landbou, Taras Vysotskiy, is die suide en ooste erg geraak, alhoewel voedselsekerheid nie bedreig word nie. Vysotskiy sê die struktuur van gewas-aanplanting is vergroot om te verseker daar is genoeg kos vir die land se burgers. Dit is nie bekend of daar genoegsame aanplantings vir uitvoere in die volgende seisoen is nie.