11 Palestyne dood in jongste klopjag

Minstens 11 Palestyne is dood en meer as 100 gewond tydens ‘n Israeliese klopjag in die besette Wesoewer. Die soldate het die ou stad Nablus met tientalle gepantserde voertuie bestorm waarna wydverspreide konflik met gewapende Palestyne uitgebreek het. Die getal Palestyne wat sedert die begin van die jaar in skermutselings met Israeliese magte dood is, staan op 61 en 13 hiervan was kinders. Die militante groep Hamas, wat die Gazastrook beheer, sê hulle monitor die toenemende geweld en hulle geduld raak op.