Sonkrag: Nuwe aansporings vir Kaapstad

Kaapstad se burgemeesteer Geordin Hill-Lewis het die nuwe aansporings vir huishoudings en sakeondernemings om sonkragopwekking te installeer, verwelkom. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingstoespraak aangekondig dat as deel van ‘n belastingaansporing vir die uitbreiding van hernubare energie, 4 miljard Suid-Afrikaanse rand in hulp verleen sal word aan individue vir die installering van sonpanele, en 5 miljard rand aan maatskappye. Hill-Lewis sê Kaapstad is gereed om sakeondernemings voor Junie kontant vir krag te betaal, terwyl inwoners later in die jaar kan begin om krag vir kontant te verkoop: