Zuma-vonnis: niemand is verhewe bo die reg nie

Die South Africa First Forum sê hy is verheug oor die uitspraak wat die Konstitusionele Hof oor die voormalige president Jacob Zuma gelewer het. Zuma is gister 15 maande gevangenisstraf vir minagting van die hof opgelê na hy geweier het om voor die staatskapingskommissie te verskyn. Die voormalige president is vyf dae gegun om hom vir arrestasie aan te meld. Rod Solomon van die forum sê hy hoop politici besef nou hulle het nie onbeperkte mag nie: