Zuma-stigting verwerp aantygings deur staatskapingverslag

Die Jacob Zuma-stigting het die staatskapingsverslag se jongste bevindings wat op Bosasa fokus, verwerp en sê dis nie eens die papier werd waarop dit geskryf is nie. Die kommissie se voorsitter, Raymond Zondo, het bevind oudpresident Jacob Zuma het voordeel getrek deur uitspattige verjaardagpartytjies te hou wat die maatskappy geborg het, en ook deur betalings aan die stigting. ‘n Woordvoerder van die stigting, Mzwanele Manyi, sê Zuma is nie voor die sogenaamde Zondo-kommissie geleentheid gegee om op ‘n neutrale platform sy kant van die storie te vertel nie. Zuma gaan sy regspan oor die saak raadpleeg.