VN sit vandag oor plastiek in Nairobi

Die Verenigde Nasies het bevestig lidlande besluit vandag amptelik oor die resolusie oor plastiekbesoedeling by die volle vergadering in Nairobi, Kenia. Die vergadering se tema is Ondersteunende optrede vir die natuur om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te behaal. Die VN-omgewingsprogram se uitvoerende direkteur, Inger Andersen, sê die ambisieuse optrede om plastiekbesoedeling te voorkom, behoort die lewensduur van plastiekprodukte na te spoor van die bron tot die see en moet wettig bindend wees en deur finansieringsmeganismes ondersteun word.