Zuma se privaat vervolging teen Downer, Maughan van rol geskrap

Regter Nkosinathi Chili het in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg voormalige president Jacob Zuma se privaat vervolging van advokaat Billy Downer en die joernalis Karyn Maughn van die rol geskrap. Zuma het Downer en Maughan beskuldig van die onwettige uitlek van ‘n doktersertifikaat aan die media. Downer is ook die hoofadvokaat in die multimiljoen-rand wapentransaksiesaak teen Zuma. Sy regspan gaan nou die Konstitusionele Hof met ‘n appèl nader.