Arbeidsklagtes stroom in, sê Arbeidskommissaris

Die Kantoor van die Arbeidskommissaris het 1 713 arbeidsake tussen Januarie en Maart hanteer, volgens die arbeidministerie se nuutste kwartaallikse verslag. Dit sluit in 758 sake wat hangende was, asook 955 sake wat vir die eerste keer aanhangig gemaak en aangehoor is. Minstens 880 van die sake, of 51 persent, is suksesvol opgelos terwyl 833, of 49 persent, nog hangende is. Arbeidsklagtes in terme van basiese diensvoorwaardes duur onverpoosd voort en het gestyg tot 1 226, vanaf 1 185 klagtes in die voorafgaande kwartaal. Gevolglik het die ministerie ‘n totale bedrag van 560 015,26 Namibiese dollar ingesamel. Altesaam 271 322 dollar is in die Sentraal-streek ingesamel, terwyl die kleinste bedrag van 14 428,50 in die Suidelike streke ingesamel is.