Wildsvleis kan jou siek maak, weens antimikrobiese weerstand

Die adjunkdirekteur van die omgewingsministerie, Kenneth/Uiseb, sê Namibiërs maak toenemend van wildsvleis gebruik, wat die kanse vergroot om verskeie siektes op te tel. Hy het gepraat by die Antimikrobiese Weerstand Belanghebbende-vergadering. Antimikrobiese middels word gebruik om aansteeklike siektes wat deur bakterieë, swamme, virusse en protosoë-parasiete veroorsaak word, te behandel. Hierdie organismes het egter ‘n weerstand teen die middels begin opbou. Die gebruik van antimikrobiese middels in diere- en plantproduksie word deur ‘n wisselwerking van baie faktore beïnvloed. /Uiseb verduidelik meer.