Namibië, België werk saam in her-bossing projek

Namibië se ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en België se Lignaverda-herbebossing Koöperasie gaan saamwerk om ‘n gebied in die Kavango-Wes-streek te rehabiliteer en te her-bos. ‘n Memorandum van verstandhouding hieroor is onderteken by Staatshuis deur Theofilus Nghitila, die ministerie se uitvoerende direkteur, en Lignaverda se uitvoerende hoof, Werner Sels. Nghitila verduidelik meer oor die doel van die samewerkings-ooreenkoms.