Parlementslede rus bietjie tot 4 Junie

Die Nasionale Vergadering is tot 4 Junie op reses. Die laaste sitting het verlede week op ‘n humeurige noot geëindig toe die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo gekla het oor sy omstrede private lede-wetsontwerpe wat nog nie onderteken is nie. Die status van die wetsontwerpe sal moontlik in die volgende sessie aangespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, wat die aankondiging oor die reses gemaak het.