Mieliemeel sal moet ingevoer word weens klein oeste

Die landbou-ministerie se voorlopige oesskattings dui op ‘n drastiese vermindering in die voorspelde oes, weens die droogte. Die totale nasionale graanproduksie van mielies, giers, sorghum en koring word op 72 150 metrieke ton geraam. Dit is 53 persent laer as verlede seisoen se oes van 153 012 ton. Slegs die besproeiing-groenskemas verwag hoër oeste vir mielies en koring, met onderskeidelik 24 persent en 63 persent, in vergelyking met verlede seisoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Patrice Talla, die Voedsel- en Landbou-organisasie se substreekkoördineerder vir Suider-Afrika, wat sê dat Suid-Afrika ‘n uitvoerder van mieliemeel gaan word.

Talla praat ook oor wat die organisasie doen om Suider-Afrikaanse lande by te staan.