Kubaanse petrol steeds die beste winskopie

Kubaanse petrol, reeds een van die wêreld se beste winskopies, word by die dag goedkoper vir diegene met toegang tot Amerikaanse dollar, aangesien die plaaslike peso-geldeenheid sy vryval teen die dollar voortsit. Op die eiland verkoop 94-oktaan vir 2 Namibiese dollar en 10 sent ‘n liter op die huidige swartmarkwisselkoers, onder die wêreld se goedkoopste brandstof. In vergelyking verkoop ‘n half-liter bottel water vir tien keer meer as dieselfde hoeveelheid petrol. Die oorsaak van die goedkoop brandstof is die subsidies.