Zuma appèl: Sy siekte is met swartpen toegemaak

Oudpresident Jacob Zuma se appèl teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat dit irrasioneel en onwettig was om in September verlede jaar mediese parool aan oudpresident Jacob Zuma toe te staan, is op die oomblik aan die gang in die hof in Bloemfontein. Een van die regters, Clive Plasket, wou weet hoe enige besluit oor mediese parool gemaak kon word as Zuma se terminale siekte nie eers bekend was nie. Hy sê dit is met swartpen toegemaak.