Deurbraak in behandeling van tinnitus

Wetenskaplikes het uiteindelik ‘n deurbraak gemaak in die behandeling van tinnitus. Die toestand word beskryf as ‘n skyn-gesuis in die ore wat die lewe van lyers versuur. Kenners aan die Universiteit van Auckland in Nieu-Seeland werk reeds 20-jaar lank aan die projek en sê 65-persent van die deelnemers aan hulle studie toon ‘n verbetering. Die terapie behels ‘n oudioloog se gebruik van ‘n reeks digitale instrumente wat gebaseer is op die pasiënt se persoonlike ervaring van die toestand, en ‘n verbetering word binne 12-weke bereik.