Zim-toonsmous kom sy Moses teë

’n Zimbabwiese man wat beweer het hy is ’n agent wat werk vir mense wat handel dryf in menslike tone, is gearresteer en het in die hof in Harare, Zimbabwe verskyn. Die man David Kaseke, 40 jaar oud, is op video neergelê waarin hy beweer dat hy mense ken wat tone vir soveel as 75 000 Amerikaanse dollar in Harare koop. Hy het selfs beweer dat mense ‘n aansluitingsfooi van 200 Amerikaanse dollar kan betaal om toegang te kry tot die perseel waar tone gesny en verhandel word. Die storie oor die verkoop van tone het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Maar, Kaseke sê dit was net ‘n grap. Die staat wou niks daarvan hoor nie en hy is van kriminele oorlas aangekla. Landdros Minel Narotam het hom borg van 400 Namibiese dollar toegestaan en die saak tot Vrydag uitgestel.