Handelskonferensie: Ooreenkomste amper beklink

‘n Internasionale ooreenkoms om afstand te doen van intellektuele eiendomsregte vir Covid-entstowwe is binne bereik, voor ‘n wêreldwye handelsvergadering wat volgende week plaasvind. Die hoof van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala sê ‘n ooreenkoms oor visvangsubsidies kan ook betyds vir die vergadering, waar 120 handelsministers van regoor die wêreld by die liggaam se hoofkwartier in Genève vergader, bereik word. Die organisasie poog om ooreenkomste in die drie groot onderhandelingsgebiede van landbou, visvangsubsidies, en intellektuele eiendomsregte vir entstowwe te finaliseer. Dit is nie duidelik of die Namibiese handelsminister die vergadering sal bywoon nie.