Publiek moet SAPD bystaan – Cele

Die minister van Polisie, Bheki Cele sê aktiewe burgerlike deelname aan die voorkoming en bekamping van misdaad groei steeds. Die polisie se senior bestuur het die media ingelig oor die sukses van Operasie Shanela die afgelope jaar. Die operasie wat in Mei verlede jaar van stapel gestuur is om misdaad in hoëdigtheidsgebiede te bekamp, het gelei tot die arrestasie van 600 000 misdadigers. Cele sê die polisie sal misdaad steeds doelgerig bekamp: