Ten Hag sê hy is steeds beste vir Man U

Manchester United se bestuurder, Erik ten Hag, sê hy glo steeds hy is die regte persoon om die klub reg te ruk. Die Reds het op Selhurst Park met 4-0 teen Crystal Palace verloor. Ná die nederlaag is United agste in die Premierliga en is uit wat Europese plekke betref. Ten Hag sê ten spyte van tien eerstespanspelers wat weens beserings buite aksie is, is dit duidelik dat die span onderpresteer: