Mieliemeel sal duurder raak

Die Namibiese Akkerbouraad het die vloerprys van witmielies na net meer as 7 550 Namibiese dollar per metrieke ton opgestoot. Verlede jaar was die prys net onder 5 600 dollar ‘n ton. Daar behoort ‘n prys-impak op mieliemeel te wees veral omdat die grense op 1 Mei vir mielie-invoere gesluit het soos ons plaaslike bemarkingseisoen begin. Die raad sê die hoër prys beskerm produsente en moedig ook plaaslike produksie aan.