Lord’s: Proteas voor met 124 na dag twee

Die aanvangskolwer Sarel Erwee het 73 lopies aangeteken en die Proteas eindig dag twee van die eerste toets teen Engeland op Lord’s met 289 vir sewe in hulle eerste beurt. Dit is ‘n voorsprong van 124. Marco Jansen en Keshav Maharaj het ook beïndruk met ‘n skitterende vennootskap van 72 lopies van 75 balle om die sewende paaltjie. Ben Stokes het drie paaltjies laat kantel vir die tuisspan. Die snelbouler Kagiso Rabada het vir die 12de keer in sy toetsloopbaan vyf paaltjies platgetrek, hierdie keer vir 52 lopies. Die Proteas het die gashere in hulle eerste beurt vir 165 uitgehaal.