Zanu-PF en Swapo moet nouer saamwerk

Zimbabwe se regerende party Zanu–PF het in Oktober sy nasionale kongres by die Robert Mugabe-plein in Harare gehou. Die doel van die kongres was om die president van die party amptelik te benoem. Dr. Charles Mubita, ‘n politieke ontleder wat een van die 3 500 afgevaardigdes was wat die kongres bygewoon het, sê dat Zanu-PF en Swapo ‘n ooreenkoms onderteken het wat ‘n beroep doen op samewerking tussen die twee partye. Mubita gesels met Kosmos 94.1 Nuus.