SA een van die wêreld se grootste meth-verbruikersmarkte

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Dwelmafhanklikheid het gevra vir meer ingrypings om dwelmmisbruik in Suid-Afrika hok te slaan. Dit volg nadat die Global State of Harm Reduction-verslag aan die lig gebring het Suid-Afrika is een van die grootste metamfetamien-verbruikersmarkte ter wêreld. Die raad se nasionale koördineerder, Adrie Vermeulen, sê een van die redes is omdat dit maklik is om te vervaardig. Sy sê die middel is toenemend gewild onder jongmense onder die ouderdom van 20: