Glencore beboet met N$5,7 miljard vir omkopery

‘n Britse hof het die Switserse mynmaatskappy, Glencore, ’n boete van 5,7 miljard Namibiese dollar opgelê vir die omkoop van amptenare om winsgewende oliekontrakte in Afrika te verkry. Die maatskappy het skuld beken op verskeie aanklagte. Die Britse kantoor vir Ernstige Bedrogsake het bewys dat Glencore van 2011 tot 2016 omkoopgeld van altesaam 575 miljoen Namibiese dollar aan vyf Afrika-lande betaal het. Die senior aanklaer, Alexandra Healy, sê Glencore se beleid téén omkopery en korrupsie is grootliks geïgnoreer want die vergrype is op ‘n baie senior vlak goedgekeur. Amerikaanse en Brasiliaanse howe het die maatskappy vroeër op dieselfde aanklagte met meer as 20 miljard Namibiese dollar beboet.