Zambiese verkiesing – winder van verandering waai oor vasteland

Reaksie word ontvang op die verkiesing van Zambië se opposisieleier, Hakainde Hichilema, as die land se nuwe president. Die huidige president Edgar Lungu het die uitslae aanvaar. Brian Black, nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change (IPC) opposisieparty, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die winde van verandering waai deur die magtige Afrikavasteland. Hy het Zambiërs met die verkiesing geluk gewens.