Afghanistan – reaksie sal wel kom

‘n Politieke kommentator, Abel Esterhuyse, sê daar is sleutel-elemente by die hernieude stryd in Afghanistan betrokke. Die Taliban het die hoofstad Kaboel oorgeneem en ‘n oorwinning verklaar ná president Ashraf Ghani uit die land gevlug het. Volgens internasionale media het die militante se her-oorname ‘n einde gebring aan die teenwoordigheid van ‘n Amerikaanse-geleide koalisie van bykans 20 jaar. Esterhuyse is van mening die wêreld kan ‘n reaksie op samelewingsvlak in die land én internasionaal verwag: