Goewerneur van Afghaanse sentrale bank kritiseer Ghani en kie

Die hoof van Afghanistan se sentrale bank, waarnemende goewerneur Ajmal Ahmady, het ook uit Kaboel gevlug maar het op Twitter die lojaliteit van die land se weermag sowel as President Ashraf Ghani bevraagteken. Hy sê verder dat Ghani duidelik onervare raadgewers het wat toegelaat het dat die Taliban so vinnig die land kon oorneem. Ahmady sê die land se leierskap het geen beplanning gedoen nie. Ghani het reeds Donderdag uit Kaboel gevlug wat toegelaat het dat die hoofstad sonder enige weerstand deur die Taliban oorgeneem kon word.