Ysland hef Covid-regulasies op

Inwoners van Ysland hoef nie langer maskers te dra of ‘n veilige afstand van mense te
hou nie, want alle Covid-19-beperkings is vandag opgehef. Die land het die afgelope
jaar verskeie kere streng inperkingsmaatreëls ingestel om die besmettingskoers hok te
slaan. Die regering sê 87-persent van Yslanders het hulle eerste dosis entstof ontvang,
wat volgens hulle die hoogste koers van alle vergelykbare lande is. Slegs 30 van Ysland
se 360-duisend inwoners het aan koronavirus-komplikasies uit ‘n totaal van ses-
duisend-637 infeksies gesterf.