Chauvin word gevonnis

Die voormalige Amerikaanse polisiebeampte, Derek Chauvin, is tot 22-en-‘n-half-jaar
gevangenisstraf gevonnis vir die moord op George Floyd. Chauvin is twee maande
gelede op drie aanklagte van moord en manslag skuldig bevind. Hy en drie kollegas het
die 46-jarige Floyd in Mei verlede jaar in hegtenis geneem, na hy vermoedelik ‘n
vervalste rekening by ‘n winkel in Minneapolis ingedien het. Hulle het hom geboei en op
die grond vasgepen. Chauvin het Floyd se nek vir bykans tien minute lank met sy knie
vasgedruk, ondanks sy pleidooie dat hy nie kan asemhaal nie.