Regulasies oor Covid-slagoffers bekendgemaak

Volgens die nuwe Covid-regulasies moet die oorskot van Covid-slagoffers binne ‘n
tydperk van sewe dae begrawe word. Wanneer ‘n familielid nou sterf, moet die gesin
‘n doodsertifikaat verkry voordat begrafnisreëlings kan begin. Collen Muleke,
die registrasiekoördineerder by die Namibiese ministerie van binnelandse sake, reageer
op die vraag hoe vinnig doodsertifikate uitgereik kan word. Collin het met Kosmos 94.1
Nuus gesels.