Ysige weer oor dele van Suid-Afrika

Snerpende koue toestande word oor groot dele van Suid-Afrika ervaar met sneeu wat
op plekke voorkom.Die N3-tolkonsessie sê die waarskuwing teen sneeu en winderige
omstandighede tussen Van Reenenspas en Warden in KwaZulu-Natal bly van krag. ‘n
Woordvoerder van N3TC, Thania Dhoogra, sê sneeu word hierdie naweek op dele van
die N3-roete verwag. Sy vra motoriste om hul reise in hierdie omstandighede te
heroorweeg.