Zuma ondersteuner eis vyf-miljoen van die staat

‘n Lid van die die ANC en lojale ondersteuner van Jacob Zuma, Sizwe Nyambi, eis vyf-
miljoen-rand vergoeding weens sy beweerde onwettige arres. Hy is verlede week in
hegtenis geneem toe hy per bus van Johannesburg na KwaZulu-Natal wou reis om die
gewese Suid-Afrikaanse president by sy hofsaak te gaan ondersteun. Nyambi het glo ‘n
prokureursbrief na die minister van Polisie, Bheki Cele en die kommissaris van polisie 
gestuur waarin hy dreig om te dagvaar as hy nie binne 30-dae vergoeding ontvang nie.