Ysige weer oor dele van die land en die streek

Snerpende koue toestande kom oor dele van die land voor en veral in die suide is dit
baie koud vanoggend. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen ‘n vlak-vier-
waarskuwing vir KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap uitgereik. Sneeu het reeds op die
berge by Plettenbergbaai in die Suid-Kaap en in Ceres in die Wes-Kaap voorgekom. In
KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap kan sneeustorms dorpe en gemeenskappe van die
buitewêreld afsny, want paaie en bergpasse kan weens swaar sneeu gedwing word om
te sluit. James Scholtz het die situasie in die Wes Kaap vanoggend so uit Gansbaai
verwoord.