Reaksie op brandstofprysverhoging

Bekende ekonoom Dawie Klopper het gereageer op die aankondiging van
die brandstofpryse wat in Namibië op 1 September gaan styg. Die prys van petrol styg
met 60 sent ‘n liter en diesel met 30 sent. Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die
konflik in Afghanistan het niks met die styging van die brandstofprys te doen nie. Die
oorsaak van die stygings word eerder aan die wisselkoerse toegeskryf.