Yellen: Prysbeperking op Russiese olie doeltreffend

Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sê dit lyk asof die prysbeperking op Russiese olie wat in Desember deur Westerse lande ingestel is, sy doel bereik. Die doel van die beperkings is om Rusland se olie op die mark te hou, maar die land se inkomste te verminder. Yellan het by ‘n vergadering met haar Kanadese ampsgenoot, Chrystia Freeland, gesê hoewel die beperking nog net sowat ‘n maand geld, is dit duidelik dat daar reeds gevolge is omdat Russiese amptenare erken dat die prysbeperking die land se inkomste uit energie negatief raak.