Nzimande besoek vandag Fort Hare ná sluipmoord

Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Blade Nzimande, besoek vandag die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Dis in reaksie op ‘n patroon van sluipmoorde en dreigemente teenoor personeel by die universiteit. Die woordvoerder van die departement, Ishmael Mnisi, sê in die jongste voorval is Mboneli Vesele, die uitvoerende veiligheidsbeampte van die vise-kanselier, Sakhele Buhlungu, vermoor.