Langa gaan eeufees vier

Die oudste township in die Wes-Kaap, Langa, maak gereed vir sy eeufeesviering vanjaar. Die gebied is in 1923 gestig na die gedwonge verskuiwings uit Distrik Ses en later uit die nabygeleë Ndabeni. Dit is vernoem na die Xhosa-leier Langalibalele, wat van 1873 af twee jaar lank op Robben-eiland aangehou is omdat hy in opstand gekom het teen die destydse regering van Natal. ‘n Lid van die reëlingskomitee, Alfred Magwaca, sê die eeufeesvieringe skop oor drie maande af.