Wyle Chris Hani môre aan Oos-Rand herdenk

Voorbereidings het reeds ver gevorder vir môre se jaarlikse Chris Hani-herdenking aan die Gautengse Oos-Rand. Die Stad Ekurhuleni het bevestig ‘n kransleggings-plegtigheid sal vir die ontslape teen-apartheids-ikoon gehou word. ‘n Woordvoerder van die metro, Zweli Dlamini, sê die viering sal by die Thomas Nkobi Gedenkpark in Germiston gehou word, waar Hani in 1993 begrawe is. Op 10 April sal dit presies 29 jaar wees sedert Hani buite sy huis in Dawnpark in Boksburg in ‘n sluipmoord-aanval vermoor is.