Khomasdal-gemeenskap maak begraafplaas skoon

Lede van die Khomasdal-gemeenskap is tans besig om die Khomasdal-begraafplaas skoon te maak. Hilaria Kakombo, een van die inwoners, sê hulle kan nie verwag dat die regering die begraafplaas altyd vir hulle skoonmaak nie. Talle begraafplase in Namibië is verwaarloos en word deur misdadigers geteiken wat selfs grafstene steel. Kakombo sê aan Kosmos 94.1 Nuus as die gemeenskappe nie saamstaan en die begraafplase skoonmaak nie, sal dit in ‘n vervalle toestand bly. Sy nooi die publiek uit om hul moue op te rol en te kom help skoonmaak.