Wetenskaplikes van UWK maak merkwaardige sterrekundige ontdekking

‘n Groep wetenskaplikes aan die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n merkwaardige sterrekundige ontdekking gemaak. ‘n Reuse mega-maser is in die ruimte opgespoor, wat verder is as enige ander wat voorheen gesien is. Wetenskaplikes het die voorwerp Nkalakatha gedoop, wat beteken grootbaas, uit erkenning vir sy reuse omvang. Die kragtige radiogolf-laser het vyf miljard ligjare weg van die aarde beweeg waar dit deur die MeerKAT-teleskoop waargeneem is. ‘n Navorser, Marcin Glowacki, hoop hulle kan die inligting gebruik om die evolusie van die heelal beter te verstaan.