Wrakstuk van Griekse tenkskip spoel aan wal by Oudekraal

‘n Groot stuk van die wrak van die Griekse tenkskip Antipolis het afgebreek en aan wal gespoel by die Twaalf Apostels-kuslyn by Oudekraal in Kaapstad. Die stad se kusbestuurder, Gregg Oelofse, sê dit het gebeur as gevolg van ongewone verhoogde golf- en windtoestande ná die volmaan twee dae gelede. In Julie 1977 het ‘n skip van Griekeland die Antipolis op sleeptou geneem, maar dit het onderweg na Taiwan gesink. Oelofse vra die publiek om nie op die wrak te klim nie.