Namibiese Regshulpsentrum loof regters wat gay-saak na hooggeregshof verwys

Die Namibiese Regshulpsentrum het gereageer op die mislukking van Namibiese burgers, Anita Seiler-Lilles en Johann Potgieter, om hulle gay-huwelike plaaslik erken te kry. Regters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming Chase het die aansoek van die hand gewys eenvoudig om die hoërhof verbind is tot ‘n 20 jaar oue beslissing in die hooggeregshof wat gay-huwelike onwettig maak. Maar, die regters het ‘n beroep op die aansoekers gedoen om die hooggeregshof te nader om daardie beslissing te hersien, omdat dit tyd is dat Namibië gayhuwelike erken. Toni Hancox, direkteur by die Namibiese Regshulpsentrum, gee haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.