Matige ekonomiese groei vir SA voorspel

Ekonomiese groei in die buurland sal na verwagting ‘n matige 1,7 persent en 1,8-persent wees in onderskeidelik vanjaar en volgende jaar, en daarna neig na een persent in 2024. Dit is volgens die Nedbank Groep se hoof-ekonoom, Nicky Weimar. Sy sê die Suid-Afrikaanse ekonomie het nie merkbaar swakker gevaar as ander ontluikende markte tydens die pandemie nie, maar het in 2020 ingeplof voordat dit in 2021 effe herstel het. Sy sê verbruikers is meer spaarsamig as voor die pandemie, hou vas aan spaargeld en hou hulle lenings in toom.