Withuis bevestig nóg geklassifiseerde dokumente in Biden se motorhuis gevind

Die Withuis het bevestig ‘n tweede pak geklassifiseerde dokumente is in President Joe Biden se motorhuis by sy huis in Delaware gevind. Die Withuis sê die President se prokureurs het ook sy huise in Wilmington en Rehoboth Beach, Delaware, en ander plekke deursoek, waarheen lêers uit sy dae as vise-president moontlik tydens die oorgang in 2017 geneem kon wees. Die lêers sluit volgens berigte memo’s van Amerika se intelligensiediens in. Al die dokumente is aan die departement van justisie oorhandig.