Nersa sê Eskom moet homself regruk

Die voorsitter van Suid-Afrika se nasionale energie-reguleerder, Nersa, Thembani Bukula, sê die enigste manier vir Eskom om beurtkrag te voorkom is eenvoudig om homself reg te ruk. Hy het tydens die reguleerder se spesiale sitting gepraat en gesê Nersa se besluit oor ʼn verhoging in Eskom se tariewe sal geen uitwerking op die kragkrisis hê of die herhaling van landwye kragonderbrekings raak nie.