Wisselvallige brandstofprys ANC se skuld – DA

Die DA sê die wisseling in die brandstofprys bewys Suid-Afrika is uitgelewer aan die genade van ‘n regering wat nie omgee nie en hulle op ‘n wipwa-rit van rampe neem. Dit volg nadat die Departement van Energie aangekondig het dat die petrolprys met 59 sent per liter styg, maar diesel is 1 rand 52 sent per liter goedkoper. Kevin Mileham van die DA sê dis ‘n skande dat die regering brandstof duurder maak, gegewe die land se lewenskoste-krisis: