Musk vir ‘n kort tydjie nie die rykste man ter aarde nie

Elon Musk was vir ‘n kort tydjie nie die rykste man ter wêreld nie. Die Franse miljardêr Bernard Arnault het vir ‘n paar uur die titel beklee met bates van 185,4 miljard Amerikaanse dollar maar is weer deur Musk verbygesteek. Volgens Forbes, wat die peiling doen, is die twee mans se fortuin byna dieselfde – geskei deur net 200 miljoen Amerikaanse dollar – so dit sal nie verbasend wees as hulle aanhou om op en af te wipplank op die ranglys nie.