FNB sê hy weet niks van Naumdjebo se ’83 belegging nie

First National Bank het stukke ingedien in die aansoek van die bekende sakevrou Martha Namundjebo wat die bank dagvaar. Sy sê sy het destyds by Barclay’s Bank, op 30 Desember 1983 ‘n belegging van 10 000 Namibiese dollar gemaak. Sy eis rente teen prima plus 5 persent vanaf daardie datum, tot die bank die betaling maak. FNB sê hy was nooit Barclay’s Bank nie en het ook geen rekord van haar rekening nie. Hy vra dat die saak van die rol verwyder word. Namundjebo sê FNB het te staan gekom nadat Barclay’s sy belang in die bank onttrek het. Die saak sal nou vir bemiddeling verwys word.