Van voedselpakkies na koopbewyse

Die Kantoor van die Eerste Minister het die oorgang van die verspreiding van droogtehulpkos na die koopbewys-gebaseerde Kommoditeitsbegunstigde Inligtingbestuurstelsel landwyd begin. Die koopbewys-gebaseerde model stel droogtehulpbegunstigdes in staat om hul koopbewyse by geselekteerde kleinhandelaars in hul gemeenskappe af te los. Die stelsel is verlede jaar in die Okatana-kiesafdeling in die Oshana-streek deur Eerste Minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila bekendgestel. Die loodsstudie wat in Okatana gedoen is, wat 1 200 huishoudings en 12 kleinhandelaars behels het was suksesvol, en sal nou aan al 121 kiesafdelings in al 14 streke bekendgestel word. Rhingo Mutambo, hoof skakelbeampte by die kantoor van die premier het met Kosmos 94.1 Nuus oor die stelsel gepraat.