Wimbledon gee gratis kaartjies aan Oekraïnse vlugtelinge

Tennis: Wimbledon se organiseerders het aangekondig hulle gee gratis kaartjies aan Oekraïnse vlugtelinge vir die toernooi se Mense-Sondag op 3 Julie. Hulle sal ook 4,8 miljoen Namibiese dollar skenk aan mense wat geraak is deur Rusland se inval in Oekraïne. Die skenking sal gaan aan die Tennis Speel vir Vrede-projek en die Britse Rooikruis se Oekraïne-hulpprojek. Die grasbaan- Grand Slam sal van vanjaar af oor 14 dae gespeel word wanneer die tradisionele Middel Sondag-rusdag wegval. Wimbledon begin Maandag.